Die vrolike musikant

Version 2

Die bakkie beur teen die stowwerige skuinste uit. En net oor die bultjie, wiekel-wakkel ‘n koddige figuurtjie voor ons in die pad af. Sy rankerige lyf ruk-en-rol op die maat van towernote uit sy musiekboog. Die aardsbruin kalbas wat as klankboks dien, en aan ‘n jagboog vasgewikkel is, weerkaats die ligglans in sy oë. Ons spring uit die bakkie en vergaap ons. Ons hande klap ritmies saam. Die elfagtige skepseltjie se vreugde verdubbel.

One comment

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s